Meer Oor Ons
Welkom by Hoërskool Sand du Plessis
met 'n geskiedenis van 58 jaar.
Die geopende boek simboliseer die geloof van die Afrikanerseun en -dogter. Hierdie simbool neem ‘n oorheersende posisie op die wapen in.
Die bekende kruithoring stel ‘n Afrikaner-identiteit voor met ‘n boodskap van "wees slaggereed". Die aambeeld beeld die vormende krag van arbeid uit.
Die leuse EK GLO bevestig die ideale wat vir hierdie skool gekoester word.
Skoolnaam
Die skool is vernoem na ‘n voormalige Administrateur van die Oranje Vrystaat, mnr. J.W.J.C (Sand) du Plessis.
Missie
Om die skoolmilieu so te rig dat die omhoogleiding van die leerder, waarde gedrewe, in sy totale menswees sal plaasvind.
Visie
Die Hoërskool Sand du Plessis wil geanker in ons leuse, EK GLO, op ‘n eiesoortige en uitnemende wyse elke leerder optimaal vir die toekoms voorberei.
Belangrike Datums
Opedag
25 Julie om 5:30pm. Laai brosjure af hier.
Revuefees
12 - 15 Augustus
Gr 9 Vakkeuse aand
22 Augustus om 5:30pm
Ons Wenresep
0
Skool Gestig
0
Personeel
0
Leerders
0
Digitale Projektors