Hoërskool SAND DU PLESSIS

Baie meer as net ‘n Skeinatkonvensie.....

science2808Wat het Deon (van Glaskas), Bouwer (van Straatlig kinders), Wimpy koffie en Skeinat in gemeen?

Dit was net ‘n paar van die hoogtepunte wat op Neil Kotze, Dawie Lotz, Nathalie Lombard en Jomari de Beer gewag het, toe hulle 13 Augustus die pad gevat het, Potchefstroom toe. Die vier het na 'n olimpiade geskryf is, deurgedring deur deel van die top 50 skeinatleerlinge in die Vrystaat te wees. Min het hulle geweet wat alles op hulle by die PUKKE sou wag....

Na ‘n heerlike aandete en ‘n vertoning van Deon en Bouwer was daar na ‘n Chemievertoning gekyk. Nooit weer sal enige iemand se Chemie is vervelig nie. Van ontploffings regdeur tot fantastiese kleurveranderings was aangebied. Wimpy se koffie het die aand perfek afgesluit. Mevv. van Rensburg en Lombard het die 4 vergesel en het self ‘n baie jollige tyd op Potch gehad. Die volgende dag is daar na Fisika eksperimente gekyk, nadat hulle bederf is met ‘n reuse ontbyt. Middagete was beslis ‘n hoogtepunt! ‘n Piekniek in die Botaniese tuine met byna alle versnaperinkies waaraan jy kan dink. Selfs aarbeie met room!

Daar was ook na ongelooflike eksperimente en wetenskaplike ontdekkings gekyk. By die formele dinee, daardie aand, het Dawie ‘n 7e plek en Neil ‘n 5e plek in die matriekafdeling in die Vrystaat verwerf. Jomari het ‘n derde plek in die graad 11 afdeling verwerf. ‘n Onvergeetlike naweek wat die 4 nooit weer sal vergeet nie!

Baie dankie aan mnr. Doubell vir die voorreg om dit te kon bywoon...