Die geopende boek simboliseer die geloof van die Afrikanerseun en -dogter. Hierdie simbool neem ‘n oorheersende posisie op die wapen in. Die bekende kruithoring stel ‘n Afrikaner-identiteit voor met ‘n boodskap van "wees slaggereed". Die aambeeld beeld die vormende krag van arbeid uit. Die leuse EK GLO bevestig die ideale wat vir hierdie skool gekoester word.