Marlize Atkison
Elizabeth Coetzee
Zuretha Erasmus
Natasha Steyl
Ronel Jerling
Desire Blignaut
Hoërskool Sand du Plessis se ondersteunersklub is as ʼn klub vir die
skool se ouers begin. Die klub het elke jaar net van krag tot krag
gegaan. Vandag bestaan die klub uit oudskoliere, oudonderwysers en
belangstellendes wat ʼn waardevolle en positiewe bydrae lewer tot die
skool se rol in die gemeenskap.
Fondse word verkry deur ʼn maandelikse bydrae van ons lede
sowel as deur die verhuring van die lapa. Hierdie geld word aangewend om
die leerders van Sannies wat op hoë vlak presteer te borg. Die
instandhouding van die skool word ook ondersteun.
SANDOK is die gasheer met interskole en voorsien gratis koffie en toebroodjies aan die ouers op die koue wintersoggende.
Geen moderne skool vandag kan sonder strukture soos SANDOK funksioneer nie.
Skakel Marlize Atkinson by 083 822 4373 vir lapabesprekings, enige navrae oor Sandok, of hoe om aan te sluit.