Agtergrond
Naam van die skool
Die skool is vernoem na ‘n voormalige Administrateur van die Oranje Vrystaat, mnr. J.W.J.C (Sand) du Plessis.
Simboliek van ons skoolwapen
Beginjare en daarna ...
25 Januarie 1966
Die sekondêre afdeling van die tot nou gekombineerde Hoër- en Laerskool Sand du Plessis open met 60 leerders.
25 Januarie 1966
19 Januarie 1967
Mnr A Reyneke voormalige oud-Adjunkdirekteur van Onderwys, aanvaar diens as hoof van die gekombineerde skool.
20 Januarie 1970
Die amptelike verdeling van die Hoër- en Laerskool tree inwerking met Mnr A Reyneke as hoof van die Hoërskool.
20 Januarie 1970
November 1970
28 Leerders lê die eerste matriekeksamen af.
24 Julie 1973
Die skoolgebou word betrek en ‘n nuwe era tree in werking.
24 Julie 1973
Januarie 1975
Mnr J F Stemmet, adjunkhoof, neem die leisels oor as skoolhoof en dien die skool tot Desember 1985.
1986
Mnr G J U Naude, adjunkhoof, neem vir die hele jaar waar as skoolhoof.
1986
Januarie 1987
Mnr G van N de Villiers aanvaar diens as skoolhoof. Hy verlaat die skool aan die einde van 1991.
Oktober 1991
‘n Hoogs geslaagde mondigwordingsreünie word by die skool aangebied.
Oktober 1991
1992
Mnr A K Smith, adjunkhoof, neem vir die hele jaar waar as skoolhoof.
Januarie 1993
Mnr J C Lamprecht aanvaar diens as skoolhoof. Gedurende hierdie jaar word die OVS Direkteurstrofeë vir rugby, koorsang en skyfskiet verower. Hy beeindig sy dienste op 31 Desember 2007
Januarie 1993
Januarie 2008
Mnr R J Doubell begin as skoofhoof.
Junie 2014
Mnr F.G. Fouché word aangestel as waarnemende skoolhoof.
Junie 2014
Februarie 2015
Mnr. W du Buisson aanvaar diens as skoolhoof.