Skool
Doelstelling
Die Hoërskool Sand du Plessis stel homself ten doel om:
- Sy leerders deur middel van waardegedrewe onderrig tot hul volle potensiaal te laat ontwikkel.
- Doeltreffende en gehalte-onderwys te lewer.
- Groter kultuurbewustheid en betrokkenheid by die skoolgemeenskap te bewerkstellig.
- Die tradisies van die skool te bewaar, lewend te hou en uit te bou.
- 'n Gebalanseerde en effektiewe onderwyspersoneel daar te stel.
- Erkende bestuursbeginsels toe te pas om die skool doeltreffend te beheer en te bestuur en alle potensiële bronne te ontwikkel.
- Gebalanseerde ouerbetrokkenheid te bewerkstellig.
- 'n Sinvolle buitemuurse program daar te stel wat vir verskeidenheid voorsiening maak en leerderbetrokkenheid aanmoedig.
- Die skool effektief te bemark sodat ‘n maksimum leerdergetal gehandhaaf kan word.
- Doeltreffende kommunikasie te bewerkstellig.
- Voldoende fisiese fasiliteite daar te stel.
Visie
Die Hoërskool Sand du Plessis wil geanker in ons leuse, EK GLO, op ‘n eiesoortige en uitnemende wyse elke leerder optimaal vir die toekoms voorberei.
Missie
Om die skoolmilieu so te rig dat die omhoogleiding van die leerder, waarde gedrewe, in sy totale menswees sal plaasvind.