Skool
Gedragskode
'n Digital weergawe van die skool se gedragskode kan hier afgelaai word.
Afdelings wat bespreek word:
Gedragskode vir Leerders
Algemeen
- Die skool se erekode en die Sannies waardes (Ek glo, Eerlikheid, Integriteit, Dissipline, Trots en Respek) moet gehandhaaf word, aangesien dit ‘n basis is vir die gelukkige samesyn van die skoolgemeenskap.
- Indien ’n spesifieke tipe wangedrag nie in hierdie gedragskode aangespreek word nie moet die Erekode en die Sannies waardes gebruik word om uitsluitsel te gee.
- Leerders se gedrag moet ten alle tye sodanig wees dat dit die skool en ouerhuis tot eer strek. Daar moet ook altyd met die nodige respek en meelewendheid teenoor onderwysers en ander volwassenes opgetree word.
- Taalgebruik moet aan beskaafde norme voldoen en moet dus suiwer en keurig wees.
- Bakleiery, sameswering tot oneerlikheid/wangedrag, intimidasie, diefstal, boelie, substansgebruik, rassisme, skeltaal, oneerlikheid en vandalisme word onder andere as wangedrag beskou en sal nie geduld word nie.
- Geen leerders mag voor of na skool of gedurende pouse ‘n klaskamer betree nie, tensy dit met die toestemming van ‘n onderwyser geskied.
- Geen leerder mag die voorportaal gebruik as ’n deurgang na die anderkant van die skool.
- Leerders mag motors en motorfietse op die skoolterrein bestuur tot op aangeduide area, mits hy/sy ’n toepaslike bestuurslisensie besit. Gedurende skoolure en in die dag parkeer alle motors in die pad verby die busloods. Met aandfunksies mag die pad en terrein aan die rugbyvelde se kant van die drieverdieping gebruik word.
- Reëls vir veilige padgebruik moet deurentyd streng nagekom word. Leerders wat hul skuldig maak aan roekelose bestuur op die skoolterrein sal die voorreg ontneem word om op die terrein te bestuur/parkeer.
Skoolbywoning
- Gereelde skoolbesoeke is ‘n voorvereiste vir goeie vordering. Stokkiesdraai is ‘n ernstige misdryf wat tot uitsetting kan lei en wat wetlike implikasies vir medepligtiges inhou.
- Ouers wat hul kinders tydens skoolure kom afhaal, moet dit met tussenkoms van die kantoor doen. Sodanige leerder mag nie buite wag nie en moet by die kantoor ontmoet word. Ouers moet die leerder uitteken met ’n geldige rede.
- Gedurende skoolure mag geen leerder die skoolterrein verlaat sonder toestemming van die skoolhoof of adjunkhoof nie. Leerders moet reeds op die skoolterrein wees wanneer die klok vir die aanvang van die skooldag lui. Leerders wat reeds voor skool die terrein betree het, mag nie weer die terrein verlaat nie.
- Ouers moet dit vermy om afsprake vir leerder tydens skoolure te reël.
- Afwesighede: Vir beheer en kontrole word die volgende reëls nagekom:
(i) Ouers moet die skoolhoof se kantoor voor 10:00 op die eerste dag van afwesigheid telefonies van sodanige afwesigheid in kennis stel.
(i) Vir afwesigheid weens siekte op dae wat toetse geskryf word en in eksamentyd, word ‘n mediese sertifikaat vereis wat strook met die datum(s) waarop vraestelle nie geskryf is nie. Die sertifikaat moet by die kantoor ingehandig word. - Wanneer ‘n leerder tien agtereenvolgende dae sonder ‘n rede afwesig was, word die leerder van die skoolrol verwyder en sal hy/sy opnuut moet aansoek doen vir hertoelating.
- Leerders is skoolpligtig tot aan die einde van Gr 9 of tot die ouderdom van 15 jaar, watter een ookal eerste plaasvind, ingevolge die SA skolewet van 1996.
Skoolbenodigdhede
- Alle boeke moet netjies gehou word en slegs gebruik word vir die doel waarvoor dit verskaf is. Handboeke moet goed opgepas word sodat dit hergebruik kan word. Boetes sal gehef word vir beskadigde handboeke.
- Elke leerder aanvaar volle verantwoordelikheid vir elke boek aan hom/haar uitgereik.
- ‘n Boek wat wegraak, moet met ‘n nuwe een vervang word of die prys van ‘n nuwe boek moet betaal word.
- Geen haatspraak of krutaal mag op die tasse aangebring word nie.
- Leerders is verantwoordelik om hulle eie skryfbehoeftes, skryfboeke, tekengereedskap, sakrekenaars ens. aan te koop soos uiteengesit in die skoolbenodigdhede lys.
Orde & Dissipline
- Dit word van leerders verwag om ordelik, gedissiplineerd, hoflik en korrek binne en buite die klaskamer op te tree. Klasverwisseling tussen periodes moet dus ook ordelik, flink en in rye plaasvind.
- Dit is slegs nodig om tydens klaswisseling van die op- en aftrappe gebruik te maak.
- Leerders moet betyds vir klasse wees.
- Gedissiplineerd wees in klasse sodat daar 'n leeratmosfeer geld.
- Werksopdragte moet stiptelik nagekom word.
- Geen buitestaander mag op die skoolterrein beweeg of met die leerders kommunikeer sonder die skoolhoof of sy gemagtigde se toestemming nie.
- Geen voedsel, vloeistowwe, uitgesluit water, of kougom mag gedurende klastyd en saalbyeenkonste gebruik word nie.
- Die gebruik van hoë kaffein bevattende drankies gedurende skooltyd is streng verbode.
- Indien buitestaanders onderwysers gedurende skoolure wil spreek, moet sulke afsprake deur die tussenkoms van die kantoor gereël en nagekom word.
- Geen leerder mag by die skool of in ‘n openbare plek rook nie. Betrokkenheid by drank en ander skadelike of gewoontevormende middels word streng verbied. Geen leerder mag in teenwoordigheid van leerders wat rook wees nie.(Ooreenkomstig die rookwet)
- Geen fisiese kontak op die skoolterrein nie. Vinnige drukkies uitgesluit.
- Leerders wat buitegewone mediese behandeling benodig, moet sorg dat hulle die betrokke medikasie in hul besit het en dit byderhand hou.
- Die skool mag geen medikasie aan leerders voorsien nie.
- Kennisgewings wat op die skool se kennisgewingborde geplaas word of wat in die skool gesirkuleer word, moet vooraf by die kantoor goedgekeur word.
- Geen leerder mag tydens pouses, voorskool en of na skool op die verbode terrein, soos deur die skoolhoof aangedui, wees nie.
- Selfone, oorfone en enige elektroniese musiekapparaat mag nie gedurende skooltyd, pouse uitgesluit, aangeskakel of gebruik word nie. Geen musiek mag gedurende die skooldag gespeel word sonder die uitdruklike toestemming van ’n onderwyser nie. Selfone mag gebruik word met die onderwyser se toestemming vir akademiese redes of noodoproepe. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir gesteelde selfone nie. Die skoolhoof mag selfone en enige elektroniese 6 musiekapparaat konfiskeer vir ’n tydperk, minimum 48 uur, afhangende van die aard van die oortreding.
- Geen wapens word toegelaat nie.
- Oneerlikheid word nie toegelaat nie.
- Geen leerders mag handel dryf op die skoolterrein nie.
- Geen komberse, warmwaterbottels ens. mag tydens formele saalperiodes gebruik word nie.
- Laatkommers word toegang geweier tot die skool, SMS word aan die ouers gestuur.
- Detensie: Lede van die Bestuurspan mag strafkaarte aan kinders gee vir oortredings van die skoolreëls en/of die waardes van die skool. Die aantal dae detensie word bepaal deur die erns van die oortreding. Detensie is daagliks van 14:00-16:00. Leerders wat nie detensie voltooi nie sal vir ouergesprekke of Beheerliggaam tugverhore verwys word. Leerders mag agterstallige huiswerk tydens die detensie doen, indien hulle nie skoolwerk doen nie moet hulle die skoolreëls uitskryf. Leerders mag appèlleer teen strafkaart na die Hoof of adjunkhoof.
- Ouergesprekke: Die skoolbestuurspan of die skoolhoof kan besluit om leerders wat nie gehoor gee aan die skool se gedragskode nie, se ouers/voogde te nooi vir ‘n ouergesprek. Die skoolhoof en die ouers besluit dan saam oor ‘n gepaste straf indien hulle oortuig is dat die leerder oortree het.
- Beheerliggaam tugverhore: Die skoolhoof en bestuurspan kan besluit om leerders met ernstige of herhaalde oortredings voor ‘n Beheerliggaam tugpaneel te daag. Tipiese strawwe wat opgelê kan word is: detensie, skorsing en versoek tot uitsetting aan die Hoof van Onderwys. Die skool behou die reg voor om leerders wat skuldig bevind is aan wangedrag tydens ‘n tugverhoor deelname aan uitstappies/sosiale geleenthede/Siviele dae ens. te ontneem.
- Skorsing: ’n Leerder waarteen wesenlike bewyse van diefstal / vandalisme / dwelmgebruik / dwelmhandel / bakleiery / substansgebruik ens. bestaan soos bv videomateriaal, dwelmtoetse of genoegsame mondelinge getuienis word ingevolge Art 9(1) van die SA Skolewet vir 7 skooldae geskors hangende ‘n tugverhoor. Die Beheerliggaam delegeer aan ‘n spesifieke lid/lede die verantwoordelikheid om die tugverhoor te hanteer ingevolge Art 9 van SASA waartydens ‘n verdere 7 dae skorsing ingevolge die SA Skolewet opgelê kan word of ander toepaslike strafmaatreëls.
- Uitsetting: Die Beheerliggaam van die skool kan ’n aanbeveling maak aan die Hoof van Onderwys ingevolge die bepalings van die SA Skolewet, om ’n leerder wat aan erge en/of herhaalde wangedrag skuldig bevind is. tydens ’n Beheerliggaam tugverhoor permanent uit die skool te verwyder.
- Pligte en verantwoordelikhede van die VRL
(i) Die VRL is saam met die personeel verantwoordelik vir goeie orde en dissipline by die skool en moet toesien dat die skoolreëls nagekom word.
(ii) Daar word van die VRL verwag om saam met die personeel gedurende pouses terreindiens te doen volgens die diensrooster.
(iii) Leerders moet die gesag van die VRL eerbiedig.
(iv) VRL bring skooltrots by die leerders tuis, help met geesbou en lewer diens tydens funksies, kursusse en uitstappies.
Skoolgronde, geboue en ander eiendom
- Dit word van elke leerder verwag om die skooleiendom te respekteer deur dit op te pas en dit netjies en in ‘n goeie toestand te hou.
- Indien ‘n leerder skooleiendom of staatseiendom beskadig, kan die skade van hom/haar verhaal word.
- Skooltoerusting mag nie sonder toestemming van die terrein verwyder of gebruik word nie.
Buitemuurs
- Die skool verwag dat alle leerders aan ten minste een buitemuurse aktiwiteit deelneem per jaar.
- Wanneer die skool vervoerreëlings tref vir enige groep wat reis, moet almal van hierdie vervoer gebruik maak, tensy ouers skriftelik onderneem om self hul kinders te vervoer.
Verbode terrein
- Geen leerder wag buite die skoolhek voordie skool nie.
- Die terrein agter die twee verdieping,agter die gimsaal (Doubell Gimnasium).
- Die sangklas en houtwerkkamer (Enige plek verby die twee-verdieping se lockers).
- Die stoep voor die Sangklas.
- Agter die Asbesgebou, veral die Biblioteek.
- Parkeerarea by die personeelvoertuie (enige area waar ‘n voertuig geparkeer staan).
- Die gebied langs die draad by die General Store.
- A rugbyveld. ‘n Reguit lyn vanaf dieboom by die A rugbyveld tot by die onderste kleedkamers.
- Verder as die kantlyn van die boonste rugbyveld, aan die netbalbane se kant.
- Verder as die kwartlyn verste van die skool af op die boonste rugbyveld.
- Die teerpad waar die matriek se motor geparkeer is (oppad na die busloads).
- Die tweede en derde vlakke op die trappe.
- Enige stoep, geen leerder word toegelaat op enige verdieping nie. Leerders mag slegs op die grondvloer wees tydens pouse.
- Onder die trappeop die grondvloer.
- Die groot klip voor die snoepie.
- Voor die asbes gebou verby die rekenaarsentrum.
- Die kantoor mag nie as’n deurgang gebruik word nie.
- Geen leerder word toegelaat om onder die lapa (Lamprecht Lapa), voor die saal (Reyneke Saal) te wees tydens pouse, tensy hulle geroep is om onderwysers te spreek of as daar spesifiek met leerders gereël is.