Sand du Plessis Skoollied
Sand du Plessis Skoollied
Skool

Skoollied

Digter: Prof. Dr. Gerhard Beukes
Toonsetting. Mnr. Dirkie de Villiers
1975-06-06
Ons groet jou. O Skool teen die groen bult se wydtes
En bid dat jou ruimtes ons gees ook sal sterk
Ons hand op die aambeeld, ons oog op die vertes
Geloof in die Gewer se seën op ons werk

O Skool teen die groen bult, jy roep ons tot arbeid
Jy roep ons tot diens aan ons volk en ons land
Ons bied jou met vreugde ons werklus en liefde
Die skoonste en hoogste van hart en verstand

Gee ons die daadkrag, o Heer van die arbeid
Die werk te voltooi deur ons vaders begin
Die moed vir die vasval, gee aanhou in swaarkry
Geloof vir die stryd tot ons sterf of oorwin
Hoërskool Sand du Plessis
Kontak Inligting

84 Pasteurrylaan, Hospitaalpark, Bloemfontein

admin@sannies.co.za

051 011 2917

Ons Skool
Inligting